Hallo, my vriende en goeiemôre! Ek is/My naam is (Nie "Ek heet Raymart" nie, dit word gebruik om te verwys na wat iets vernoem is, byvoorbeeld: "Die kind sal na sy oupa heet" wat beteken die kind sal sy oupa se naam kry) Raymart Lipat en ek kom van Bacolod in
die Filippyne af. Tans woon ek in Myrtle Beach, in die staat Suid-Carolina in
die Verenigde State van Amerika. Ek het hoë funksionerende outisme wat my
gestremdheid is. My stokperdjies is om baie vreemde tale te leer, video's op
YouTube te kyk en videospeletjies te speel. Ek kan Spaans, Japannees, Esperanto,
'n bietjie Fraans, Duits, en Sweeds praat. Ek geniet Duolingo. Vandag is Sondag 13
Maart 2022 en die tyd is 8.34 (26 voor nege) in die oggend. Die weer is
sonnig en die temperatuur is -2 grade. Vir die leer van Japannees neem ek deel
aan die Japanese Gemeenskap genaamd "NihongoMura" saam met Shota Naruse, en op
iTalki leer ek saam met Sayuri, 'n Japannese Brasiliaanse hafu in Tsu, Japan. Ek
geniet dit om anime te kyk, na animeliedjies te luister en videospeletjies te
speel. Vir my is "Sonic-X" die beste anime videospeletjies. Vir die leer van
Esperanto, leer ek saam met Damon Lord my primêre/hoof instrukteur van Wallis. As Damon
nie beskikbaar is nie, leer ek Esperanto saam met Alexandra van Paraguay, Luis van
Colombia, en Vyacheslav van Rusland. Esperanto is die beste brugtaal om verskeie
tale vinnig aan te leer. Nou neem ek deel aan die taaluitdaging vanaf 15
Februarie tot 31 Maart. My eerste Afrikaanse les op iTalki was 5.00 in die
oggend op 13 Maart met Karabo in Johannesburg in Suid-Afrika. Ek vind afrikaans
na my eie opinie baie maklik en interessant. Ek is ook 'n bietjie Hollands,
wat (baie) soortgelyk is aan Afrikaans. My niggie en neef kan Hollands praat want
hulle woon in 'n kleiner dorp, Friesland in Nederland. Dit is my skryfstuk in
Afrikaans. Het julle einge vrae vir my?