Search from various English teachers...
South Africa flagBrett
Woordeskat Wanneer ek Afrikaans begin studeer het, het ek hoofsaklik koerante gebruik om my woordeskat uit te brei en te verbeter, maar ek het baie gou opgemerk dat die probleem hiermee was dat jy net woordeskat wat verband het met baie spesifieke onderwerpe kry. Byvoorbeeld, het ek gevind dat ek baie woorde vir misdaad, politieke sake, ekonomiese sake en sport geleer het, maar dat ek nie gewone diersoorte, bome, en huishoudelike voorwerpe kon benoem. Daarna, het ek begin om Afrikaanse fiksie te lees, en nuwe woorde na te slaan en in Anki te sit, en ek moet sê, die verskil is ontsettend - ek het duisende nuwe woorde geleer net in die verlede ses maande, en ek is nou op 'n punt waar ek amper al die woorde verstaan in amper enige soort teks (gedigte, fiksie, nie-fiksie, koerante, meningsartikels/komentaar etc). Ek wens net dat ek hierdie strategie vroër gevolg het!

Corrections · 4

1

Woordeskat

Wanneer Toe ek Afrikaans begin studeer het, het ek hoofsaaklik koerante gebruik om my woordeskat uit te brei en te verbeter, maar ek het baie gou opgemerk dat die probleem hiermee was dat jy net woordeskat kry wat verband het hou met baie spesifieke onderwerpe kry. Byvoorbeeld, het ek gevind dat ek baie woorde vir misdaad, politieke sake, ekonomiese sake en sport geleer het, maar dat ek nie gewone diersoorte, bome, en huishoudelike voorwerpe kon benoem nie. Daarna, het ek begin om Afrikaanse fiksie te lees, en nuwe woorde na te slaan en in Anki te sit, en ek moet sê, die verskil is ontsettend merkwaardig - ek het duisende nuwe woorde geleer net in die verlede laaste ses maande, en ek is nou op 'n punt waar ek amper al die woorde verstaan in amper enige soort teks (gedigte, fiksie, nie-fiksie, koerante, meningsartikels/komentaar etc). Ek wens net dat ek hierdie strategie vroër gevolg het!

0
Hi Brett, Ek stem saam met Eddie: Jou Afrikaans is op 'n baie hoë standaard. 'n Paar baie subtiele verskille, en 'n mens sal dink Afrikaans is jou huistaal. :) Baie dankie vir die raad oor fiksie, eerder as koerante. Dit maak sin. Ek sal dit probeer.
0
Hallo Bret. Jou Afrikaans is byna perfek ! Goeie werk. Ek sal net voorstel dat jy begin deur te skryf 'Toe ek Afrikaans begin studeer het'. Ek weet dit is n klein verskil, maar dit sal beter lees soos dit. Ek kan jou ook verder help met die struktuur van sommige sinne. Maar, soos hulle in Frans se: Bon travail !

Want to progress faster?

Join this learning community and try out free exercises!

Don’t miss out on the opportunity to learn a language from the comfort of your own home. Browse our selection of experienced language tutors and enroll in your first lesson now!

Start Learning Today