Search from various English teachers...
South Africa flagBrett
Die Status van Afrikaans (my waarnemings as 'n buitelandse student) Iets wat my pla oor Afrikaans (of moet ek liewer sê, iets wat my pla oor die status van Afrikaans) is die feit dat so veel van my familielede in Suid-Afrika (almal Engelsprekendes) glo dat dis 'n sterwende taal (en party van hulle glo dat dis goed so). Ek weet dat die Afrikaanse taal het amper al sy hoër-funksies verloor (met wat betref universiteite en die regering), en dalk was hierdie verlies onvermydelik, maar so ver ek weet, is die taal nog baie gesond (en ek is as 'n taalkundige opgelei). Op 'n verbruikersvlak, is daar baie koerante, televisiereeks, boeke en musiek beskikbaar, en dit lyk vir my asof elke jaar nuwe media verskyn. Ek verstaan ook dat daar is nogsteeds baie laerskole en hoërskole wat klas in Afrikaans gee, asook baie kerke en gemeenskapsorganisasies wat dit gebruik, of as hooftaal of ten minste as addisionele taal. As 'n mens gaan loer by die bevolkingsinligting, is dit ook duidelik dat die aantal Afrikaanssprekendes styg met elke nuwe census (ek vra verskoning vir hierdie Engelse woord - ek weet nie die Afrikaanse vertaling nie!), en dit sê natuurlik niks oor die honderde duisende mense buite Suid-Afrika wie ook die taal kan praat (byvoorbeeld, het ons meer as 27,000 Afrikaanssprekendes hier in Nieu-Seeland). Wat ek sal vir die Afrikaanssprekende gemeenskap sê is dat julle hoef nie om op die regering staat te maak om jou taal te bevorder nie (al sou dit natuurlik hulp!) - die groot meerderheid van die wêreld se tale word nie erken as amptelike of nasionale tale nie, en word nie gebruik deur regerings en universiteite - solank mense aanhou om die taal te praat en gebruik (by die huis, by die kerk ensovoorts) en solank mense aanhou om afrikaansemedia te verbruik, is dit veilig.

Corrections · 7

0
Dankie! Ja, ek het lang gepraat met 'n vriendin van my ma (hierdie vrou is Afrikaans), en sy moes 'n ernstige poging maak om haar kinder se Afrikaans te bewaar (ons is in Nieu-Seeland!) - ek weet dis nie maklik nie!
0
Hi Brett, Dit is wonderlik om te hoor!! Ek het in Pretoria grootgeword en was 100% Afrikaans, maar nadat ek met 'n Engels-sprekende man getrou het 14 jaar gelede, en in Zimbabwe bly vir 6 jaar, begin my Afrikaans 'n bietjie agteruit gaan. Ons kinders praat Afrikaans as 'n tweede taal (en nie baie goed nie!) In elk geval, ek dink census in Afrikaans is sensus :)
0
https://www.youtube.com/watch?v=fZQEq6avIq8 Toe ek die lees sit die Jack Parrow lietjie in my kop vas.
0
Ja, ek het so gehoor! My ouers is op die oomblik met vakansie in Namibië, so dit sal beslis interessant wees om hulle waarnemings te hoor.
0
In Namibië in Engels Namibia, waar Afrikaans nie 'n offisiële taal is nie, want die Osivambo regering hou nie van die Afrikaners en kaaskoppe( Hollanders / Nederlanders / Belgiërs / Flaamse) nie en hulle hou ook nie van die Duitsers, hulle het slegs Engels as offisiële taal, maar al die swartmense in al die ander provinsies praat Afrikaans met mekaar dit is die voorkeur Besigheids en al die kleurlinge wat naby die Noordkaap border bly praat Afrikaans met mekaar, dit is slegs in die Ovamboland provinsie waar Afrikaans nie gepraat word nie en die regering bestaan uit 90% Ovambo amptenare, wat Afrikaans weg gevat het. Na onafhanklikheid in 1990 het in meeste groot dorpe IEB Afrikaanse privaatskoole oopgemaak : Keetmanshoop privaatskool, Grootfontein privaatskool, Windhoek Afrikaanse privaatskool, Windhoek hoër, Windhoek gimnasium, Walvisbaai laerskool, Walvisbaai hoërskool, pro ed akademi Swakopmund, dit is die enige Afrikaanse skoole is die privaat skoole al die staats skoole het hulle Engels gemaak, UNAM universiteit van Namibië is ook alles in engels weens die regering se besluite.

Want to progress faster?

Join this learning community and try out free exercises!

Don’t miss out on the opportunity to learn a language from the comfort of your own home. Browse our selection of experienced language tutors and enroll in your first lesson now!

Start Learning Today