Search from various English teachers...
South Africa flagBrett
My vorige Afrikaanse lees-projek Dis 'n rukkie sedert ek iets in Afrikaans geskryf het, so ek het gedink dis dalk 'n goeie idee om so te doen. Ek het nie 'n spesifieke onderwerp in gedagte nie, en so ek sal net oor my vorige lees-projek skryf. Ongelukkig, was die boek 'n bietjie teleurstellend. Ek is 'n aanhanger van wetenskapsfiksie, en ek het 'n klein boekdrukkery gevind wat spesialiseer in wetenskapsfiksie en fantasie romans in die Afrikaanse taal. Tot dusver, het ek drie gelees - die eerste was uitstekend - dis die soort boek dat ek dink 'n mark sou hê as dit in ander tale vertaal word. Die tweede was verskriklik - letterlik een van die slegste, verwarrendste boeke wat ek ooit gelees het. Hierdie een is die derde - dit het 'n baie goeie begin gehad, maar dan het dit baie vinnig ontaard tot so 'n mate dat dit moelik was om te verstaan wie doen wat waar. Die skrywer het duidelik 'n uitstekende verbeeldingsvermoë, maar ek dink hy het 'n bietjie weggeraak (ek weet nie as dit sin maak nie - ek probeer net om die Engelse uitdrukking "it got away from him" te vertaal). Inelkgeval, die skrywer van die eerste boek (die goeie een) het onlangs 'n nuwe roman geskryf, en ek sien baie daarna uit.

Corrections · 2

0
Ja dit was Thompson - ek het nie geweet dat hulle verdwyn het nie!
0
Wat is die naam van die boekdrukkery? Thompson Boekdrukkery? Maar hierdie boekdrukkery het nou sy bedrywighede gestaak.

Want to progress faster?

Join this learning community and try out free exercises!

Don’t miss out on the opportunity to learn a language from the comfort of your own home. Browse our selection of experienced language tutors and enroll in your first lesson now!

Start Learning Today